|
Tuisblad
|
|
Bedieninge
|
|
 Omgee Groepe
|
|
 Foto's
|
|
Kalender
|
|
|
Afrikaanse Christen Kerk van Nieu Seeland
|
|
|
|
Baie welkom by die ACK (Afrikaanse Christenkerk) Wellington!
Ons is baie bly en saam opgewonde oor jou besoek(e)! Om iewers te behoort is 'n groot voorreg, opdrag en verantwoordelikheid. Jou verbintenis aan God en Sy liggaam op aarde is twee van die belangrikste verbintenisse wat 'n mens kan maak!
As die ACK Wellington die geloofsfamilie is waar jy gelei word om te behoort, te verbind en te dien – is dit nodig dat die volgende verbintenisproses asb gevolg moet word, nadat jy besoek(e) afgelê het en die besoekerskaartjie voltooi het :
1. Gebed – vra die Here om jou te wys hoe, waar en wanneer jy moet verbind! 2. Administratief – die invul van 'n inligtingsvorm in die voorportaal. 3. Besoeke en gesprekke (soos gereël word) vanaf die leierspan in ons gemeente. 4. 'n Verbintenis Sondag – met 'n fisiese verbintenis en belydenis voor God en die gemeente. 5. Jou eie diensbaarheid – maw toegewyde betrokkenheid volgens jou gawes en talente in 'n bepaalde bediening.
Alle inligting, navrae, en voorstelle kan gerig word aan: Jaco@ackwellington.co.nz
Mag die Here jou verblyf, betrokkenheid en kerkwees in Wellington ryklik seën met al Sy liefde, vrede en nabyheid!
|
|
Wie is ons ?
Die ACK Wellington is ‘n samestelling van persone uit alle agtergronde en denominasies. Ons funksioneer sedert 3 Desember 2006 amptelik as die ACK Wellington. Die gemeente is jonk, en aktief groeiend met gereelde inkomelinge uit alle oorde.
Lees Meer
Die Boodskapper
Die boodskapper is ons gemeente se weeklikse nuus. Dit bevat inligting, die week se program, gebedsversoeke ens. Maak seker dat jy die boodskapper ontvang.
Kliek op die skakel onderaan om die weeks se uitgawe te sien..
Lees Meer
|
Pastorale Hulplyn In die geval van nood of dringende bystand benodig, kontak asseblief vir Ds Jaco Rheeder by 04 977 5257 (h) of 027 236 5569 (m)
Pastorale Hulplyn In die geval van nood of dringende bystand benodig, kontak asseblief vir Ds Jaco Rheeder by 04 977 5257 (h) of 027 236 5569 (m)
|
|