ACK WELLINGTON

'N GROEIENDE GELOOFSFAMILIE GEANKER IN GOD-DRIE-ENIG!
A GROWING FAMILY ANCHORED IN GOD THE HOLY TRINITY!

Erediens TemaSake vir Gebed
Persone wie werk soek:
  • Pieter Labuschagne (It Projek Bestuurder)
  • Danie Swanepoel
  • William Rothero (IT Projek Bestuurder)
  • Hein Janse van Rensburg (Werk in SA)
WELLINGTON EREDIENSTE
elke sondagoggend om 10:00
THE PERFORMANCE ART STUDIO, PATAKA, 17 PARUMOANA STREET, PORIRUA
WAIKANAE EREDIENSTE
elke derde sondagaand
om 18:00 in die
WAIKANAE UNITING PARISH NGAPAKI STREET, WAIKANAE.
Maar vir my gee U krag soos dié van 'n buffel, U laat my 'n oorwinningsfees vier. Psalm 92:11 MANNA VIR DIE WEEK

NUUTSTE PREEK:
180
PREKE ARGIEF

First, the church isn’t ours; it’s God’s. And second, it isn’t ours; it’s us” McLaren

Baie welkom by die ACK Wellington!


Ons is baie bly en saam opgewonde oor jou besoek(e)! Ons droom en streef aktief daarna om 'n GROEIENDE GELOOFSFAMILIE TE WEES GEANKER IN GOD-DRIE-ENIG!

Om iewers te behoort is 'n groot voorreg, opdrag en verantwoordelikheid. Jou verbintenis aan God en Sy liggaam op aarde is twee van die belangrikste verbintenisse wat 'n mens kan maak!

In 'n nuwe en vreemde land is daar baie keuses wat gemaak moet word! Om vir die regte geestelike tuiste te kies as plek van ondersteuning, aanbidding, groei, versorging en lering is nie altyd maklik!

Ons wil jou graag ondersteun en biddend begelei in die maak van hierdie belangrike verbintenis!

In ons geloofsfamilie gaan dit eerder oor AKTIEF GEE, as PASSIEF ONTVANG. Ons wil graag eerder inklusief as eksklusief wees en daarom is ‘n lewe van dissipelskap en dissipelmaking ons hoogste prioriteit! Saam met jou besef ons hoe kort die lewe en min die tyd is…Daarom bid ons dat jy sal erns maak met jou verhouding met God en met mense.

Ons kerkwees word sterk gekenmerk deur n familie karakter! Ons het n passie vir mense, families en kinders! Jesus se passie was immers mense! Vir mense het Hy gekom en vir mense het Hy gesterf!

Of jy 'n besoeker is en of jy 'n permanente verbintenis tot ons geestelike familie maak - jy is SO welkom hier! Mag Hy jou lei in hierdie verbintenis en jou help om JOU PLEK te ontdek!

Mag die Here jou besoek, verblyf, betrokkenheid en kerkwees in Wellington ryklik seën met al Sy liefde, vrede en nabyheid!